Skryfnet: Skep ʼn verbeeldingryke ruimte vir jou verhaal
ʼn Oortuigende verhaalruimte vorm die grondslag van enige onvergeetlike storie, of dit nou in ʼn bekende dorp of ʼn volkome denkbeeldige wêreld afspeel. In hierdie blitsles leer deelnemers hoe om geloofwaardige wêrelde te skep deur bekende temas slim te benut, duidelike reëls vas te lê en geskiedenis en aktuele kwessies natuurlik in hul stories te verweef. Daar word ook gekyk na hoe naamgewing, taalgebruik en atmosfeer ʼn wêreld uniek maak. Praktiese wenke, videolesse, notas en oefeninge help deelnemers om ruimtes te ontwikkel wat lesers intrek en tot die einde toe laat glo aan die wêreld wat hulle geskep het.

Begindatum

Enige Tyd

Formaat

Selfgerigte leer

Koste

R450

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Inleiding tot verbeeldingryke verhaalruimtes
  • Bou jou wêreld uit wat jy reeds ken
  • Gee jou wêreld duidelike reëls
  • Gebruik geskiedenis om geloofwaardigheid te skep
  • Maak jou wêreld relevant met aktuele temas
  • Skep atmosfeer met name en taal

IDEALE KURSUSGANGER

Enigiemand wat meer wil weet oor die skep van ʼn verbeeldingryke ruimte in ʼn storie.

KURSUSAANBIEDER(S)

Carina Stander (gebore 1976) is ʼn visuele kunstenaar, digter, romanskrywer en reisjoernalis wat in die Waterberge grootgeword het.

Sy behaal ʼn honneursgraad in Beeldende Kuns aan die Universiteit van Pretoria en voltooi ʼn meestersgraad (cum laude) in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.

Ná werkservaring in Cambridge en die Skotse Hoogland vestig sy haarself as vryskutjoernalis. Sy het sowat 300 reisartikels op haar kerfstok.

Haar twee digbundels en vyf romans is telkens met kunsuitstallings bekendgestel waarin sy haar skryfwerk visueel uitbeeld, terwyl talle van haar gedigte, kortverhale en twee van haar romans vir skole voorgeskryf is. ʼn Aantal van haar gedigte is ook getoonset.

Haar eerstelingroman, Wildvreemd (2011), is in Nederlands vertaal. Tussen 2017 en 2024 publiseer sy die betowerende Bergengel-reeks. Al vier boeke in die reeks is volledig op RSG voorgelees. Stander woon sedert 2008 in die Tsitsikamma saam met haar man en twee seuns.

KURSUSLEIER

Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za