Skryfnet: Inleiding tot kreatiewe skryfkuns
Inleiding tot kreatiewe skryfkuns fokus op die skryf van verhalende prosa in die vorm van die kortverhaal. Die beginsels en tegnieke wat deelnemers in hierdie kursus aanleer, kan toegepas word op verhalende prosa in enige genre – soos romans, jeugverhale, romanses of novelles.

Begindatum

31 Augustus 2026

Formaat

Agt weke aanlyn kursus

Koste

R3 700

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

Week 1: Regstreekse verwelkoming en oriëntering
Week 2: Inleiding tot verhalende prosa
Week 3: Tekssoorte
Week 4: Die skryfproses
Week 5: Skryfbeginsels
Week 6: Die skeppingselemente
Week 9: Ontleed en toets jou verhaal
Week 8: Regstreekse bespreking en afsluiting

IDEALE KURSUSGANGER

Enigiemand wat graag die basiese beginsels van skryf wil bemeester

KURSUSAANBIEDER(S)

Kursusaanbieder

Charlene Hougaard het haar uitgewersloopbaan begin by Via Afrika in 1989, waar sy aanvanklik prosa en poësie in die Afrikatale uitgee. Met die implementering van Kurrikulum 2005 fokus sy op die uitgee van skoolhandboeke. Haar loopbaan by LAPA Uitgewers begin in 2005 in die algemene niefiksie-afdeling. Daarna werk sy in die vrouefokus-afdeling wat later deel word van die fiksie-afdeling. In 2019 besluit sy om ʼn vryskuttaalpraktisyn te word en spits haar toe op die redigering van manuskripte asook manuskripontwikkeling. Sy help ook sedert 2006 met die aanbieding van die ATKV Skryfskool vir liefdesverhale (Lenteskool) en het ook al by die Herfsskool opgetree.

 

Kursusontwikkelaar:

Die geliefde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis het in 1978 gedebuteer met sy digbundel Kleinwild. Sedertdien het hy meer as 160 publikasies – waaronder akademiese artikels en boeke, ses digbundels, drie jeugromans en vier romans – die lig laat sien. Gedurende sy leeftyd het Du Plessis verskeie pryse en toekennings vir sy werk ontvang, onder meer die ATKV-kinderboekprys en ʼn erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy was sedert 1985 betrokke by skryfkursusse wat die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) in samewerking met die Noordwes-Universiteit aanbied; hy was ook die eerste direkteur toe die ATKV-skryfskool in 1990 gestig is. Hy is ongelukkig in 2024 onverwags oorlede.

KURSUSLEIER

Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za