Begindatum
Formaat
Koste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
Tydens hierdie werkswinkel word deelnemers begelei om die fynere aspekte van draaiboekskryf aan te pak. Deelnemers kry ook praktiese wenke hoe om ʼn voet in die bedryf te kry. Die Skryf ʼn draaiboek vir ʼn kortfilm-werkswinkel is gemik op aspirantdraaiboekskrywers én skrywers wat hul vaardighede wil opskerp.
Om verrigtinge op die dag nog meer opwindend te maak, sal die gewilde rolprentresensent, akteur, vervaardiger en skrywer, Leon van Nierop, ook vir ʼn uur by deelnemers aansluit om belangrike wenke en inligting oor draaiboekskryf en die rolprentbedryf te deel.
PLEK
Maroela Media by die Voortrekkermonument
KURSUSAANBIEDER(S)
Kursusaanbieder
Johann Smith is ʼn skrywer van toneelstukke, lirieke en draaiboeke. Hy het reeds vyf maal die ATKV-prys vir die beste tienertoneelteks ontvang, asook ʼn kykNET Fiësta-toekenning vir sy verwerking van Die reuk van appels vir die verhoog. Hy deel ook ʼn Woordveertjie en kykNET Blou Fiësta-toekenning met ʼn span skrywers vir die grensverskuiwende teaterprojek, Deurnis, waarvan hy ʼn stigterslid, skrywer en regisseur is. Smith is ʼn skrywer vir die sepie 7de Laan en het ook voorheen vir die kykNET-sepie, Binnelanders, geskryf. Sy hart lê egter by die ontwikkeling van jong kunstenaars en hy is sedert 2004 gereeld by tienertoneel betrokke, waar ʼn verskeidenheid van sy tekste en produksies al tydens die ATKV-tienertoneelfinaal meegeding het. In 2021 verwerk Smith een van sy teatertekste Apokalips vir kykNET se storiefilms en debuteer sy radiodrama, Boetie ontmoet ʼn alien, op RSG. Boetie ontmoet ʼn alien en Kloon is ook as storiefilms op kykNET vertoon.
Gasaanbieder
Leon van Nierop is ʼn bekende Suid-Afrikaanse akteur, skrywer, omroeper en rolprentresensent. Hy het meer as 30 romans geskryf, insluitend werke onder die skuilnaam Jacqueline Brink. Hy het ook verskeie radiovervolgverhale en TV-dramas geskryf. Sy werk het verskeie toekennings ontvang, insluitend die Caxton-toekenning vir beste skrywer. Hy tree ook gereeld as beoordelaar vir verskeie kortfilm- en rolprentkompetisies op.
KURSUSLEIER
Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za