Die begroting en fiskale beleid
Het jy al ooit gesukkel om jou begroting te laat klop? Dink net, soveel te meer sukkel die regering ook daarmee. Hierdie kortkursus bied aan jou, die kursusganger, die geleentheid om jou eie begroting te ontleed en hoe om dan daardie selfde beginsels toe te pas wanneer die regering se begroting ontleed word. Die impak wat die begroting op ons het, word dienooreenkomstig geanaliseer. Die kortkursus sal aanlyn aangebied word en afgesluit word met ʼn werkswinkel wat ook aanlyn aangebied sal word.
Let daarop dat kursusgangers professionele CPD-punte kan verdien.
Begindatum
20 Oktober 2024
Formaat
Aanlyn sessies
Koste
R4 000
Toelatingsvereiste
’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)
Onderrigtaal
Slegs Afrikaans
KURSUSINHOUD
- My eie begroting
- Ekonomiese omgewing
- Nasionale begroting en
- Fiskale beleid en impak op die ekonomie
IDEALE KURSUSGANGER
Die kursus is ideaal vir die volgende:
- Uitvoerende amptenare, senior bestuurders, funksionele hoofde en bestuurders;
- Besigheidskonsultante, analiste, finansiële en strategiese adviseurs;
- Boere;
- Kleinsake-entrepreneurs; en
- Finansiële adviseurs wat kredietpunte moet verkry.
DATUMS
Aanlyn kursus: 20 Oktober tot 2 November 2024
REGISTRASIES SLUIT
13 Oktober 2024
KURSUSAANBIEDERS
Dr. Sandra Adendorff is ʼn dosent in Ekonomie by Akademia, en het ʼn meesters- en doktorsgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy was voorheen werksaam by die Universiteit van Pretoria, asook die Reserwebank. Adendorff se navorsingsfokus is ekonomie, finansiële markte en instrumente, asook makro-ekonomiese beleid. As navorser is sy medeskrywer van ʼn aantal handboeke, onder meer die nuwe uitgawe van Economic Indicators en Understanding South African Financial Markets (Van Schaik) en Monetary Economics in South Africa (Oxford). Daarbenewens het sy artikels en publikasies vir verskeie instansies geskryf, en ʼn aantal referate by internasionale konferensies gelewer. Sy was ook betrokke by ʼn aantal navorsingsprojekte, onder meer gefokus op finansiële integrasie in Suider-Afrika, en is ʼn genoot by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Finansiële Markte. Sy doseer tans die modules Ekonomie en Internasionale Handel by Akademia.
KURSUSLEIER
Dr. Sandra Adendorff | sandra@akademia.ac.za