Skryfnet: Skryf en haal die media
Skryf en haal die media, fokus op die basiese beginsels van ʼn goeie persverklaring, hoe om jou boodskap duidelik en relevant oor te dra, en hoe om te verseker dat dit mediabelangstelling wek.

Begindatum

21 Augustus 2026

Formaat

Aanlyn oggendwerkswinkel

Koste

R750

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

Skryf en haal die media, fokus op die basiese beginsels van ʼn goeie persverklaring, hoe om jou boodskap duidelik en relevant oor te dra, en hoe om te verseker dat dit mediabelangstelling wek. Verder ondersoek dit strategiese wenke om mediadekking te kry, hoe om effektief met die media te kommunikeer, en hoe om die hele proses van mediaverhoudings te bestuur om optimale uitkomste te verseker.

IDEALE KURSUSGANGER

Kommunikasiepraktisyns, bemarkingspersone en entrepreneurs

KURSUSAANBIEDER(S)

Peter Pentz

Peter Pentz is ʼn derdegeslaglid van die Pentz-familie, aktief betrokke by Groote Post-wynlandgoed. Ná die voltooiing van sy graad in Kommunikasie aan die NWU in Potchefstroom, het hy in die kommunikasiebedryf gewerk met vooraanstaande wynhandelsmerke. Hy het by die familieplaas aangesluit tydens die pandemie, maatskappykommunikasie gestroomlyn en e-handelstrategieë geïmplementeer. Tans bestuur hy Groote Post se bemarking en verskyn gereeld op TV en radio as wynkenner. In 2022 is hy opgeneem in Wineland Media se Top 30 onder 30-lys. Hy is ʼn gesogte spreker en seremoniemeester wat passievol is oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

KURSUSLEIER

Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za