Skryfnet: Kom kuier met ’n uitgewer
Kom kuier met ’n uitgewer is ’n aanlyn seminaar met kenners uit die uitgewersbedryf. Dit bied waardevolle insig vir skrywers wat wonder wat die volgende stap met hul manuskrip is. Gesels saam met twee ervare uitgewers in ’n gesprek gefasiliteer deur nog ’n kenner uit die bedryf, en kry antwoorde op jou vrae.

Begindatum

29 Oktober 2026

Formaat

Aanlyn seminaar

Koste

R2 500

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

Kom kuier met ’n uitgewer is ’n aanlyn seminaar met kenners uit die uitgewersbedryf. Dit bied waardevolle insig vir skrywers wat wonder wat die volgende stap met hul manuskrip is. Gesels saam met twee ervare uitgewers in ’n gesprek gefasiliteer deur nog ’n kenner uit die bedryf, Ilse Salzwedel, en kry antwoorde op jou vrae. Hierdie sessie is nie net nog ’n praatjie nie – dit is ’n intieme en waardevolle ontmoeting tussen skrywers en uitgewers. Dit gee jou ’n blik agter die skerms: Wat soek ’n uitgewer regtig in ’n manuskrip? Hoe word besluite geneem oor publikasie? Watter algemene foute moet jy vermy? En hoe kan jy jou kans verbeter om raakgesien te word?

IDEALE KURSUSGANGER

Diegene met voltooide manuskripte wat wil weet wat die volgende stap is in die proses.

KURSUSAANBIEDER(S)

Ilse Salzwedel is ’n bekroonde joernalis, skrywer en radio-aanbieder van Johannesburg. Sy het ’n graad in Politieke Wetenskap van die Universiteit Stellenbosch (US), en is sedert 2016 betrokke by Outa. Sy is tans werksaam by die splinternuwe Afrikaanse koerant, Die Papier.

KURSUSLEIER

Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za