Rentekoerse en monetêre beleid

Het jy al gewonder hoe ʼn verandering in die rentekoers die ekonomie beïnvloed? Die kursus bied aan die deelnemer ʼn geleentheid om die veranderinge in rentekoerse te verken wat ʼn impak op sakebedrywighede het en hoe om jou eie finansies en besigheid te bestuur in veranderde ekonomiese omstandighede. . Die doel van hierdie kursus is om jou die geleentheid te bied om die veranderinge in rentekoerse te verken wat ʼn impak op sakebedrywighede het en hoe om jou besigheid te bestuur in veranderde ekonomiese omstandighede

Begindatum

Augustus 1, 2026

Formaat

Slegs aanlyn sessie(s)

Koste

R2 500

Toelatingsvereiste

Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

  • Basiese ekonomiese konsepte.
  • Besigheidsiklus / konjunktuur.
  • Inflasie
  • Funksies van die Reserwebank
  • Ekonomiese en monetêre beleid
  • Transmissie van rentekoerse en monetêre beleid

IDEALE KURSUSGANGER

Die kursus is ideaal vir

  • Uitvoerende amptenare, senior bestuurders, funksionele hoofde en bestuurders;
  • Besigheidskonsultante, analiste, finansiële en strategiese adviseurs;
  • Boere;
  • Kleinsake-entrepreneur en eienaars van kleinsakeondernemings;
  • Onderwysers en lektore en
  • Finansiële adviseurs wat kredietpunte moet verkry

DATUMS

Die kursus sal oor ses maande sedert die deelnemer inskryf.

REGISTRASIES SLUIT

27 Julie 2026

KURSUSAANBIEDERS

Dr. Sandra Adendorff 

Dr. Sandra Adendorff is ʼn senior dosent in Ekonomie by Akademia, en het ʼn meesters- en doktorsgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy was voorheen werksaam by die Universiteit van Pretoria, asook die Reserwebank. Adendorff se navorsingsfokus is ekonomie, finansiële markte en instrumente, asook makro-ekonomiese beleid. As navorser is sy medeskrywer van ʼn aantal handboeke, onder meer die nuwe uitgawe van Economic Indicators en Understanding South African Financial Markets (Van Schaik) en Monetary Economics in South Africa (Oxford). Daarbenewens het sy artikels en publikasies vir verskeie instansies geskryf, en ʼn aantal referate by internasionale konferensies gelewer. Sy was ook betrokke by ʼn aantal navorsingsprojekte, onder meer gefokus op finansiële integrasie in Suider-Afrika, en is ʼn genoot by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Finansiële Markte. Sy doseer tans die modules Ekonomie en Internasionale Handel by Akademia.

KURSUSLEIER

Dr. Sandra Adendorff | sandra@akademia.ac.za