Kuns van verkope: SPIN-vrae
Begindatum
Formaat
Koste
Toelatingsvereiste
Onderrigtaal
Kursusinhoud
Hierdie kursus handel oor ʼn raamwerk (SPIN) om effektiewe vrae te vra tydens die verkope gesprek tussen die verkoper en koper om sodoende seker te maak dat die transaksie plaasvind of doelwitte bereik word.
Die doel van hierdie kortkursus is om verkoopsverteenwoordigers, in veral die besigheid-tot-besigheid mark asook die besigheid-tot-verbruiker mark, met die kuns van SPIN verkope te bemagtig.
Ideale kursusganger
Die kursus is ideaal vir enige verkoopspersoon, asook persone wat idees, produkte of dienste aan ʼn bepaalde mark moet verkoop.
Datums
Die kursus aangebied word op aanvraag.
25 Mei 15:00-17:00
26 Mei 15:00-17:00
Voorlegging vir aanbieder van 15-20 minute op gepaste tyd.
Leeruitkomstes
Na afloop van die kursus sal die kursusganger die volgende kan doen:
- Ondersoek die begronding van verkope en SPIN raamwerk
- Ontleed eie teikengehoor
- SPIN vrae asook die waarde daarvan te verstaan
- SPIN vrae in hul eie konteks toe te pas
Registrasies sluit
Bepaal op aanvraag
KURSUSAANBIEDERS
Salomien Boshoff
Salomien Boshoff is ʼn dosent vir verskeie Bestuurswetenskappe modules by Akademia en die Sakeskool van die Universiteit van die Vrystaat. Sy beskik oor ʼn Meestersgraad in Ondernemingsbestuur met spesialisasie in Bemarking. Haar passie vir onderrig en leer rig haar navorsing om verskillende wyses waarop studente leer bevorder kan word, te verstaan Haar navorsing is gepubliseer in nasionale en internasionale geakkrediteerde vakkundige joernale. Sy het meer as sewentien jaar se ondervinding in onderrig en leer, waartydens sy ʼn aantal toekennings – spesifiek vir haar assesseringspraktyke en samewerkingsooreenkomste met besighede – ontvang het.
KURSUSLEIER
Salomien Boshoff | salomien@akademia.ac.za