Integrasie van digitale media en KI in die klaskamer
Begindatum
Formaat
Koste
Toelatingsvereiste
Onderrigtaal
Kursusinhoud
- Inleiding tot digitale geletterdheid en digitale welstand
- Die ontdekkingsreis van kunsmatige intelligensie vir effektiewe leer
- Strategiese integrasie van digitale media vir gehalte onderrig
- Innoverende assessering deur digitale en kunsmatige intelligensie ondersteunde instrumente
- Samewerkende en interaktiewe leerervarings met behulp van digitale media en kunsmatige-intelligensie ondersteunde instrumente
Ideale Kursusganger
Die kursus is ideaal vir voornemende onderwysers, ervare onderwysers en dosente wat hul professionele praktyk wil verdiep. Hierdie kursus poog om kursusgangers se kennis en vaardighede in digitale geletterdheid én die doeltreffende, verantwoordelike gebruik van kunsmatige intelligensie binne die opvoedkundige konteks betekenisvol te bevorder.
Die ideale kursusganger behoort daarna te streef om akademiese uitnemendheid na te jaag, kreatiewe en kritiese denke te ontwikkel, en ’n pioniersgees te koester wat hulle in staat stel om digitale media en kunsmatige intelligensie met selfvertroue, pedagogiese insig en professionele verantwoordelikheid in hul onderrig te integreer.
Leeruitkomstes
Ná suksesvolle voltooiing van hierdie kursus sal die kursusganger oor die kennis en vaardighede beskik om:
- sleutelkonsepte, beginsels en teorieë van digitale geletterdheid en kunsmatige intelligensie te integreer en toe te pas in verskeie gespesialiseerde gebiede binne die opvoedkundige konteks;
- omvattende en onderling gekoppelde kennis van die kernaspekte binne die veld van digitale geletterdheid en kunsmatige intelligensie krities te evalueer, deur die toepaslikheid van teorieë en beginsels op opvoedkundige praktyke te beoordeel;
- toepaslike digitale media te kan integreer, toepas en vergelyk binne bepaalde pedagogiese benaderings;
- die geskiktheid en effektiwiteit van die gebruik van die bepaalde digitale media te evalueer om gehalte onderrig en effektiewe leer te bevorder in outentieke kontekste;
- oor etiese en professionele oorwegings van kunsmatige intelligensie en digitale media te besin wat verband hou met onderrig- en leerervaringe en assesseringspraktyke;
- digitale media en verskeie kunsmatige intelligensie ondersteunende instrumente te integreer, vergelyk en evalueer vir die selektering van geskikte assesseringsgeleenthede binne ʼn bepaalde dissipline en praktyk;
- ʼn digitale onderrig en leerervaring binne ʼn bepaalde vak, dissipline of praktyk te ontwerp;
- volle verantwoordelikheid vir individuele leerbehoeftes, monitor persoonlike leerprosesse te neem, relevante leerstrategieë en hulpbronne toe te pas om alle uitkomste van hierdie kursus suksesvol te bereik.
Datum(s)
Die kursus sal een keer aangebied word en aanlyn oor ses weke strek vanaf 9 Mei tot 13 Junie 2026.
9 Mei 2026- 13 Junie 2026
Saterdag 9 Mei: Oriënteringsweek/sessie
Saterdag 16 Mei: Leereenheid 1: Inleiding tot digitale geletterdheid
Saterdag 23 Mei: Leereenheid 2: Die ontdekkingsreis van kunsmatige intelligensie
Saterdag 30 Mei: Leereenheid 3: Doeltreffende integrasie van digitale media vir gehalte onderrig
Saterdag 6 Mei: Leereenheid 4: Herbedink assessering op ʼn kreatiewe manier deur digitale media
Saterdag 13 Junie: Leereenheid 5: Bevordering van samewerkende leer en kommunikasie deur digitale media
KURSUSAANBIEDERS
Mev Monique Alberts
Monique Alberts is ʼn dosent in Opvoedkunde by Akademia en het ʼn BEd-graad in Verdere Onderwys en Opleiding asook ʼn honneursgraad in Engels Letterkunde en in Opvoedkunde met ʼn fokus op leerderondersteuning (cum laude) aan die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van Suid-Afrika onderskeidelik verwerf. Sy het haar meestersgraad in Opvoedkunde verwerf aan die Universiteit van Pretoria in 2024. Alberts se navorsingsfokus is Engels as taal van onderrig en leer. Sy het agt jaar as onderwyseres gepraktiseer. Sy doseer tans die volgende modules aan Akademia:
- Engels (Taal en Linguistiek)
- Engels (Letterkunde)
- Engels Eerste Addisionele Taal-onderwys vir die Senior Fase
Dr. Chris-Mari Le Hanie
Chris-Mari Le Hanie is ʼn senior dosent in Opvoedkunde by Akademia en het ʼn PhD in Opvoedkunde met Kurrikulumstudies asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Chris-Mari se navorsingsfokus is kurrikulumstudies, assessering, navorsing en besigheidsonderwys. In haar loopbaan het sy verskeie posisies beklee: kurrikulumkoördineerder, kurrikulumontwikkelaar, hoof van institusionele kwaliteit en akademiese steun, onderwyser en dosent. Chris-Mari is die skrywer van ʼn aantal joernaalartikels, boekhoofstukke en boeke in die velde van Opvoedkunde, Navorsing en Kurrikulumstudies. Sy doseer tans die volgende modules:
- Akademiese Vaardighede
- Opvoedkunde: Kurrikulumstudies
- Onderrig en Leer in Opvoedkunde-konteks.
- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Onderwys vir die Senior Fase
Mnr DJ Cloete
DJ Cloete is ʼn dosent in Tale en Kultuurwetenskappe by Akademia en onderrig tans die modules GAFNE150: Afrikaans en Nederlands I en GLING150: Linguistiek I. Hy het ʼn BA-graad in Tale asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Cloete het ook sy NGOS-kwalifikasie by Akademia verwerf. Hy het ʼn wye belangstelling in die werkinge van taal en het al meegewerk aan internasionale projekte wat insluit Skryfhulp Afrikaans. Voor die aanvang van sy posisie was hy was ʼn lektor in taalkunde aan die Noordwes-Universiteit en ook nou betrokke by projekte wat deur ICELDA en SADiLaR geloods is. Hierdie projekte se doel is om hulpmiddels daar te stel wat studente kan ondersteun tydens hulle akademiese loopbaan en om meertaligheid binne die hoëronderwyskonteks te bevorder. Hy was ook projekbestuurder van ʼn nuwe boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans, getitel Toegepaste Taalkunde in Afrikaans (2022). Cloete se navorsingbelangstellings is Variasietaalkunde en Rekenaargesteunde taalonderrig.
KURSUSLEIER
Dr. Chris-Mari le Hanie | Chris-MariL@akademia.ac.za
Me. Monique Alberts | moniquea@akademia.ac.za