Splinternuwe Akademia et al.-taalaanleerkursus: Afrikaans as vreemde taal A1

In die geskiedkundige jaar waarin Afrikaans sy eeufeesviering as amptelike taal vier, bied Akademia et al. ʼn splinternuwe taalaanleerkursus aan: Afrikaans as vreemde taal A1. Hierdie kursus word op vlak A1 volgens die Europese Verwysingsraamwerk vir Tale (CEFR) aangebied.

Volgens Karien Brits, kursusaanbieder, is dié nuwe kortkursus ideaal vir persone wat nuuskierig is oor Afrikaans as ʼn taal en dit graag wil leer praat. “ʼn Mens dink nie noodwendig altyd aan Afrikaans as ʼn vreemde taal nie,” meen Brits en voeg by dat mense wat Afrikaans as vreemde taal aanleer, tipies persone in die buiteland óf sprekers is wat nie die taal magtig is nie. Sy verduidelik voorts dat die proses om taalbevoegdheid te bepaal op ʼn Europese model geskoei is wat evalueer hoe goed ʼn persoon ʼn betrokke taal kan lees, skryf of praat.

Die Europese Verwysingsraamwerk vir Tale (CEFR) strek van kommunikasievlak (A1 en A2) tot by akademiese vlak (C1 en C2). Ander bekende instellings wat taalvaardigheidsertifikate uitreik wat op hierdie raamwerk gegrond is, is onder meer die Alliance Française en die Goethe-instituut.

Meer oor dié nuwe kortkursus

Dié aanlyn kursus sal oor ʼn tydperk van agt weke aangebied word. Die datums en gepaardgaande kursusinhoud sien as volg daaruit:

  • Week 1:

Inleiding en leereenheid 1 | Aangename kennis

  • Week 2: 

Leereenheid 2 | Eendag lank gelede

  • Week 3: 

Leereenheid 3 | Oos wes, tuis bes

  • Week 4: 

Leereenheid 4 | ʼn Gesonde liggaam huisves ʼn gesonde gees

  • Week 5: 

Leereenheid 5 | Die afspraak

  • Week 6: 

Leereenheid 6 | In die kombuis

  • Week 7: 

Leereenheid 7 | Boekwurms

  • Week 8: 26 

Leereenheid 8 | Op die planke

 

Vir meer inligting besoek gerus die Akademia et al.-webblad.

Brand new Akademia et al. language learning course: Afrikaans as foreign language A1

In the historical year that Afrikaans celebrates its centenary celebration as official language, Akademia et al. offers a brand-new language learning course: Afrikaans as foreign language A1. This course is presented on level A1 according to the Common European Framework of Reference for Languages.

According to Karien Brits, course presenter, this new short course is ideal for people who are curious about Afrikaans as a language and who would like to speak it. “A person does not necessarily always think of Afrikaans as a foreign language,” Brits says and adds that people who learn Afrikaans as a foreign language are typically people from abroad or speakers who are not fluent in the language. She also explains that the process of determining language proficiency is based on a European model that evaluates how well a person can read, write or speak a particular language.

The Common European Framework of Reference for Languages range from communicative level (A1 and A2) until academic level (C1 and C2). Other well-known institutions that issue language proficiency certificates based on this framework include the Alliance Française and the Goethe Institute. 

More about this new short course

This online course will be presented over a period of eight weeks. The dates and associated course content is as follows:

  • Week 1:

Introduction and learning unit 1 | Pleased to meet you

  • Week 2: 

Learning unit 2 | One day long ago

  • Week 3: 

Learning unit 2 | East, west, home’s best

  • Week 4: 

Learning unit 4 | A healthy body houses a healthy mind

  • Week 5: 

Learning unit 5 | The appointment

  • Week 6: 

Learning unit 6 | In the kitchen

  • Week 7: 

Learning unit 7 | Bookworms

  • Week 8: 

Learning unit 8 | On the stage

Please visit our Akademia website for more information.