Watergehaltebestuur

“Dag Zero”, die 3de Wêreldoorlog, tsunami’s, El Niño … Minder as 1% van alle water op aarde is vir die mens beskikbaar. Doeltreffende bestuur van beskikbare hulpbronne is dus krities vir oorlewing. Hierdie kursus is daarop gemik om ʼn hoë vlak van bewusmaking te skep en studente in staat te stel om ʼn verskil in hulle lewens en werkplekke te maak.

Begindatum

November 11, 2024

Formaat

In persoon

Koste

R6500

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Afrikaans

Kursusinhoud

  • Inleiding tot waterhulpbronbestuur
  • Drinkwaterbestuur
  • Sanitasie en infrastruktuur

Ideale kursusganger

Die kursus is ideaal vir studente wat addisionele loopbaanvaardighede wil bemeester, asook professionele mense in die werkplek wat nie oor spesifieke agtegrondskennis van waterbestuur beskik nie, en hulleself beter wil bekwaam. Die kursus is dus ʼn ideale geleentheid vir munisipale en regeringsamptenare behels met waterbestuur in enige hoedanigheid, sowel as individue in die mynbou-, landbou- en natuurbewaringsektore. Die kursus sal in Afrikaans en Engels onderrig word. Studente wat belangstel in verdere studies in omgewingsbestuur sal ook baat vind.

Datums

Die kursus sal oor vier dae strek tussen 11 tot 14 November 2024. (ʼn ekstra halwe dag kan ingewerk word vir opdragbesprekings of ʼn praktiese ekskursie).

 

Plek

Leriba, Endstraat 245, Clubview, Centurion, 0157

Registrasies sluit

4 November 2024

KURSUSAANBIEDERS

Francois van Wyk

Francois van Wyk gradueer aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) en verwerf ook ʼn HOD en ʼn MSc in Omgewingsbestuur. Hy voltooi ook later die Gevorderde Bestuursprogram (AMP) by Henley Business School. Van Wyk spandeer vier jaar by die Departement Waterwese se Instituut vir Watergehaltestudies waar hy hoofsaaklik verantwoordelik is vir die ontwikkeling en implementering van moniteringsprogramme.

In 1992 sluit hy aan by Rand Water as senior besoedelingsbeheerbeampte en word in 1995 aangestel as Hoof van Opvangsgebiedbestuur (later Waterkwaliteitspesialis).

Sy pligte behels die monitering van watergehalte in die Bo-Vaal-opvangsgebied, en sluit die ontwikkeling van ʼn monitering- en bestuursprogram vir die Lesotho Hooglandskema in. Ander verantwoordelikhede behels die bestuur van oewerontwikkeling langs die Vaaldam en Vaalrivierbarrage, waterkwaliteitsverslae, sosiale media, bestuur van akwatiese indringerplante, monitering van vloede en die bestuur van publieke forums.

Van Wyk dien tydens sy loopbaan op die Raad van WISA, asook op die bestuurskomitees van verskeie Waternavorsingskommissieprojekte, die IVRS (Integrated Vaal River System), asook die Vaal Opvangsgebiedbestuursagentskap (Catchment Management Agency).

Hy bied ook gereeld voorleggings aan by konferensies en seminare, en dien as eksterne eksaminator vir studente op honneurs- en meestersgraadvlak. Van Wyk het ook op uitnodiging lesings aangebied vir die nagraadse studente by Universiteit van Johannesburg, en ʼn module in waterbestuur vir Universiteit van Pretoria (UP) se MSc-graad aangebied.

 

Leanne Zdyb Coetzee

Leanne Coetzee is ʼn watersuiwerings- en waterkwaliteitspesialis met 24 jaar ondervinding in die watersektor. Sy het by UP met ʼn MSc-graad in Mikrobiologie gegradueer en is geregistreer as ʼn professionele natuurwetenskaplike. Leanne het vir dertien jaar vir die Stadsraad van Pretoria gewerk waar sy betrokke was by die drinkwateraanlegtebestuur en monitering van drinkwatergehalte vir die stad. Sy het die drinkwaterlaboratorium gestig vir die stadsraad en was verantwoordelik vir die grootste installasie van SolarBees in die suidelike halfrond by die Rietvleidam.

Coetzee het toe by die privaat ingenieursfirma (CSVWater) aangesluit waar sy met die optimalisering en verbetering van water- en afvalwaterbehandelingswerke en verskeie aspekte van watergehaltebestuur gewerk het, insluitend die visualisering van inligting uit roetine-operasionele data, proses-evaluasies en oudits. Sy geniet interaksie en opleiding van laboratorium- en prosespersoneel om operasionele inligting en prosesse te verstaan en het ʼn groot belangstelling in navorsing en bestuur van eutrofiese waters, waterbehandeling en verbruikersgesondheid.

Sy het in 2020 aangesluit by Waterlab, ʼn privaat laboratorium, waar sy die molekulêre laboratorium gestig het vir die ontleding van Covid-19 in riool- en rivierwater en verskeie projekte saam met die WRC, UP, DTI , NICD en MRC voltooi het. Coetzee is nou besig met gastroïntestinaal virusontledingprojekte en metodeontwikkeling vir protosoë-parasiete.

As deel van haar portefeulje is sy betrokke (en vorige voorsitter) by die SABS Tegniese Komitee vir Watergehalte (TC147), wat die drinkwaterstandaard ontwikkel en voorheen voorsitter van die ISO TC 147 SC1-komitee vir Suid-Afrika was. Coetzee is ook betrokke by die Blou- en Groendruppel-sertifiseringsprogram as ʼn hoofouditeur.

Dr. Danie Nel

Dr. Nel het die volgende kwalifikasies verwerf:

  • Nasionale Hoër Diploma vir Tegnici (Siviele Ingenieurswese) by Witwatersrand Technikon
  • BIng (Siviele Ingenieurswese) by die voormalige RAU
  • MIng (Siviele Ingenieurswese) by die voormalige RAU
  • DIng (Siviele Ingenieurswese) by UJ.
  • Gevorderde Besuursprogram by Henley Business School
  • Professionele Ingenieur

Hy het wye ervaring binne munisipale verband opgedoen by die voormalige Johannesburgse Stadsraad / WMLC oor ʼn tydperk van negentien jaar. Hy was daarna werksaam by Rand Water oor ʼn tydperk van dertien jaar as Hoof: Sanitasie en Ontwerpsingenieur, en is die laaste dertien jaar werksaam as ʼn spesialiskonsultant, beide nasionaal en internasionaal.

Die spesialisvelde waarop gefokus word, is water- en rioolvoorsiening, suiwering, rehabilitasie van pype en stelsels, grootmaatwatervoorsieningsrisiko’s, projekbestuur van multidissiplinêre watervoorsieningsprojekte, asook spesialisadviseur, en dien dikwels as eksterne eksaminator op voorgraadse, meesters- en doktorale vlak vir ingenieurstudente.

KURSUSLEIER