Visuele Kommunikasie: PowerPoints wat wérk

PowerPoint-aanbiedings is dikwels swak ontwerp en vervelig. Hierdie kursus wys jou hoe om ʼn PowerPoint-aanbieding só te ontwerp dat dit jou boodskap versterk en die aandag van jou gehoor sal behou. Met ʼn effektiewe PowerPoint-aanbieding sal jy met selfvertroue jou boodskap oordra en sodoende die impak van jou boodskap verhoog.

Begindatum

Junie 6, 2024

Formaat

Twee aanlyn sessies

Koste

R860

Toelatingsvereiste

’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

Kursusinhoud

  • PowerPoint-ontwerpbeginsels wat die boodskap versterk
  • PowerPoint-ontwerpbeginsels wat die aandag van die gehoor behou
  • PowerPoint-aanbiedings wat met die aanbieder gesinchroniseer is
  • Evalueer en verbeter bestaande PowerPoint-aanbiedings

Ideale kursusganger

Die kursus is ideaal vir individue wat hul aanbiedingsvaardighede wil verbeter deur PowerPoint-aanbiedings wat behoorlik ontwerp is. Kursusgangers moet gemaklik daarmee wees om in PowerPoint te werk, aangesien die fokus van die kursus op die verbeterde ontwerp van PowerPoint-aanbiedings is.

Datum(s)

Twee oggendsessies (09:00 tot 12:30) via Teams op 6 en 7 Junie.

Registrasies sluit

Vrydag 31 Mei 2024

KURSUSAANBIEDERS

Dr. Jana Slippers

Dr. Jana Slippers is ʼn deeltydse dosent in Besigheidskommunikasie en Navorsingsmetodologie aan die Universiteit van Pretoria. Sy het meer as sestien jaar se ondervinding in die ontwikkeling en aanbieding van kortkursusse in professionele kommunikasievaardighede vir die privaat sektor. Sy is passievol oor die impak van kommunikasie in mense se verhoudings en loopbaangroei.

 

KURSUSLEIER

Dr. Alé Steyn, asteyn@akademia.ac.za
Navraag: PowerPoints wat wérk