Skryfnet: Skryf ʼn toespraak
Skryf ʼn toespraak, is ʼn praktiese en prettige eendagwerkswinkel wat die manier waarop hulle hul toesprake benader vir altyd gaan verander. Datum: Saterdag 10 Oktober 2026 Tyd: 09:00 tot 15:00 Plek: Maroela Media by die Voortrekkermonument

Begindatum

10 Oktober 2026

Formaat

Eendagwerkswinkel

Koste

R700

Onderrigtaal

Slegs Afrikaans

KURSUSINHOUD

Die werkswinkel fokus op al die bestanddele wat nodig is om ʼn uithalertoespraak te skep. Dit is die ideale werkswinkel vir skoliere, onderwysers of ouers wat graag op ʼn praktiese en prettige manier hulle toespraakvaardighede wil opskerp.

IDEALE KURSUSGANGER

Skoliere tussen die ouderdom van 10 en 18, asook onderwysers wat redenaars vir skoliere afrig

KURSUSAANBIEDER(S)

Mizanne van Wyk is ʼn vermaak- en leefstyljoernalis by Maroela Media, waar sy die afgelope vier jaar werk. Haar liefde vir redenaars het reeds op skool begin, waar sy jaarliks aan kompetisies deelgeneem het. Sedert 2018 is sy betrokke by redenaarsafrigting en werk sy saam met leerders om hul vaardighede te ontwikkel. In 2022 het sy begin om redenaars by skole en die ATKV te beoordeel. Sy glo redenaars is ʼn kragtige hulpmiddel vir die ontwikkeling van selfvertroue en kritiese denke by leerders.

KURSUSLEIER

Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za