Begindatum
Formaat
Koste
Onderrigtaal
KURSUSINHOUD
Die werkswinkel fokus op al die bestanddele wat nodig is om ʼn uithalertoespraak te skep. Dit is die ideale werkswinkel vir skoliere, onderwysers of ouers wat graag op ʼn praktiese en prettige manier hulle toespraakvaardighede wil opskerp.
IDEALE KURSUSGANGER
Skoliere tussen die ouderdom van 10 en 18, asook onderwysers wat redenaars vir skoliere afrig
KURSUSAANBIEDER(S)
Mizanne van Wyk is ʼn vermaak- en leefstyljoernalis by Maroela Media, waar sy die afgelope vier jaar werk. Haar liefde vir redenaars het reeds op skool begin, waar sy jaarliks aan kompetisies deelgeneem het. Sedert 2018 is sy betrokke by redenaarsafrigting en werk sy saam met leerders om hul vaardighede te ontwikkel. In 2022 het sy begin om redenaars by skole en die ATKV te beoordeel. Sy glo redenaars is ʼn kragtige hulpmiddel vir die ontwikkeling van selfvertroue en kritiese denke by leerders.
KURSUSLEIER
Annelien van Basten │ navrae@skryfnet.co.za